On the Money – Vandag is die naasbeste tyd

As ek ’n rand gekry het vir elke keer wat iemand ’n stukkie “eenvoudige” beleggingsadvies kom vra het, sou ek seker nie nodig gehad het om nog self beleggings te doen nie.

Eintlik is dit ’n eenvoudige versoek, maar mense verwag gewoonlik dat die antwoord ingewikkeld moet wees. Vooraanstaande kenners het immers al dik boeke oor dié onderwerp geskryf.

My eenvoudige antwoord kom gewoonlik daarop neer dat ’n mens vroeg moet begin, tydgebonde mikpunte moet stel en moet diversifiseer.

Iemand het eendag ’n wyse man gevra wanneer die beste tyd is om ’n boom te plant. Die antwoord was: “Twintig jaar gelede . . . en die naasbeste tyd is nou.”

Dieselfde beginsel geld wanneer ’n mens beleggings doen. Maar voordat jy jou portefeulje begin saamstel, moet jy ’n duidelike onderskeid tussen beleggings en spekulasie tref.

Ek hoor dikwels mense sê hulle belê in eiendom, maar eintlik is hulle aan ’t spekuleer – ’n neiging wat die afgelope dekade of wat toegeneem het.

Party mense koop en verkoop eiendom in die hoop dat hulle gou-gou ’n stewige wins sal maak, maar na regte hoort eiendom in ’n bepaalde bateklas wat, geskiedkundig beskou, ’n bestendige opbrengs oor ’n lang tydperk verskaf.

’n Ander manier waarop ’n mens in eiendom kan belê, is deur genoteerde eiendomsaandele te koop. Dit is ook langtermynbeleggings, met die voordeel dat jou geld in krisistye geredelik beskikbaar is.

’n Bateklas kan beskryf word as ’n stel verwante beleggings met soortgelyke risiko- en opbrengskenmerke. Kontant (geldmark, bankdeposito’s ens) is een bateklas. Daarteenoor kry jy effekte, aandele en, natuurlik, eiendom.

Alle bateklasse het soortgelyke risikovlakke en reageer op dieselfde manier op wisselende marktoestande.

Wanneer ons van diversifisering praat, verwys ons na verskillende bateklasse, soos hierbo uitgelê. ’n Ander aspek wat in aanmerking geneem moet word, is likiditeit. Met ander woorde: hoe maklik bekombaar is jou geld?

Ek het al gehoor mense sê hulle sal ’n paar meenthuise koop en “maar een verkoop” wanneer hulle kontant nodig het. Oor die afgelope paar jaar was dit nie so maklik nie en het beleggers sekerlik besef eiendom is inderdaad ’n langtermynbelegging waarin jou geld toegesluit is.

Wanneer jy jou aftreetyd nader, behoort jou fokus na die beskerming van jou beleggings te verskuif. Ouer mense behoort ’n groter persentasie van hul beleggings in minder ongestadigde mediums – soos kontant en effekte – te hou, of hulle moet aandelebeleggings met kontant en effekte balanseer.

Die beginsels is wel eenvoudig, maar dit bly maar die beste om ’n professionale finansiële beplanner te raadpleeg wat jou kan help om jou beleggingstrategie ten opsigte van bateklas, diversiwiteit en likiditeit te bepaal.

As jy nog nie begin het nie, onthou net: vandag is die naasbeste tyd om op te tree.

Stuur jou finansiële en beleggingsvrae na pr@fullstopcom.com.

Pieter Willem Moolman is die stigter van PWM Financial Management in Port Elizabeth. Besoek www.pwmfb.co.za of skakel 041 582 3034.

Uitgereik deur:

Full Stop Communications

Coetzee Gouws
041 368 4992
082 575 7991
coetzee@fullstopcom.com
www.fullstopcom.com

Namens: PWM Financial Management

More Info: http://www.fullstopcom.com

Author: Coetzee Gouws from Full Stop Communications. Originally distributed by MyPR.co.za.

No of Images Uploaded: None

To gain access to None image/s please Like, Tweet or +1 this article:



About Full Stop Communications

In an ever-changing media landscape, Full Stop Communications is able to offer the full communication mix including traditional PR, social media, advertising, marketing and copywriting services.

Our business has a simple objective: to help our clients achieve their goals through intelligently planned and sustained exposure in the print, broadcast and online media.

Headed by former journalist and editor Coetzee Gouws, the company draws on a pool of copywriters, graphic designers, photographers and online media gurus to ensure that clients get the best service possible.

The results speak for themselves and our client list has grown mostly through word-of-mouth recommendations.

Based in Port Elizabeth, Full Stop Communications drives national and international public relations campaigns for clients in major centres like PE, Johannesburg, Cape Town and Stellenbosch.