Finesse
Products/Services
About
Vir 25 jaar is Finesse ’n integrale deel van Afrikaanse Christenvroue se menswees. Die laaste jaar of wat het lesers ons leer ken as Finesse Voelgoed Tydskrif. Ons het oor die jaar vele nuwe baadjies aangetrek en spog deesdae met verskeie webblaaie, inspirerende funksies, podsendings, interessante webinare, ’n aanlyn TV-program, en verskeie inisiatiewe soos bootreise, toere en produkte. “Stagneer” is nie ’n woord wat deel is van Finesse Voelgoed Tydskrif se woordeskat nie. Dit is noodsaaklik om ’n handelsmerk te ontwikkel en te groei. Soms beteken dit selfs om jou naam te verander. Dit vra toewyding, vasberadenheid … en ’n geloofsprong!
Méér as net ’n tydskrif, dis ’n leefstyl!
’n Handelsmerk is meer as net ’n logo. Dit is onder meer ook ’n identiteit, waardes en ’n doel.
Ons nuwe handelsmerk, Voelgoed, verteenwoordig ’n leefstyl! Om goed te voel … oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en méér.
Een ding bly konstant: Ons missie is om jóú as Christenvrou in te lig, te verryk en te inspireer!
Voelgoed – ons nuwe handelsmerk!
Die manier waarop mense leef, speel en werk het vir goed verander. Voelgoed omhels dié nuwe wêreld.
Ná 25 jaar is dit vir ons die begin van ’n opwindende, nuwe fase …
Location
Contact Information
Contact Listings Owner Form
Video and/or Images
Review
Write a ReviewThere are no reviews yet.
Leave a Review
Claim Now!
Is this your business?
Claim listing is the best way to manage and protect your business.
Claim Now!


