Die jaarlikse “Vintage Ideas”-mark by die Simondium Country Lodge sal besoekers weereens verras met ‘n ongelooflike inkopie-ervaring. Van Vrydag, 26 April, tot Sondag, 28 April, sal die elegante gastehuis in ‘n Great Gatsby-skatkis omskep word met ongelooflike artikels wat aan toeka se dae herrinner.
Vintage items het die afgelope jare al hoe gewilder en al hoe meer modieus geword en diegene wat die tendense van môre en oormôre voorspel, meen hierdie neiging moet nog sy piek bereik. Die retro-beelde van die 1920s het die verbeelding aangegryp van dekor- en mode-ontwerpers, en selfs Hollywoodse rolprentvervaardigers met die bekendstelling van die fliek The Great Gatsby, wat volgende maand (Mei 2013) in Suid-Afrika begin draai.
Simondium’s Country Lodge bied meer as 1,5 hektaar bedekte uitstallingsruimte vir die meer as vyftig uitstallers en besoekers sal die kans kry om inspirasie te vind vir ‘n oordadige 1920s beeldverandering deur die stalletjies te besoek met hul uitmuntende dekorartikels, glas- en silwerware, skoonheids- en badprodukte, kombuisware en tuintoebehore, asook onweerstaanbare snuisterye en pryslose antieke ware. Roep die romanse van toentertyd op met ‘n soliede parfuumhangertjie vanaf ‘n plaaslike, botaniese parfumerie of pragtige kantlinne. Modebewustes kan hul winterklerekaste opkikker met klere, juweliersware en skoene wat aan toeka se dae herrinner.
Die delikatessen beloof om ewe gewild te wees met ‘n wye verskeidenheid tuisgemaakte produkte, van soetgoed, tuisgebakte beskuit, gerookte biltong en koffie tot pannekoek en boetiekbakkeryprodukte. Les jou dors met handgemaakte bier van Darling Brew Slow Beer. Hierdie mikro-brouery van Darling maak tans vyf verskillende biere vir elke smaak en geleentheid.
Die pragtige tuine met hul ronddwalende poue en kalmerende waterfonteine bied die ideale plek om te ontspan met verversings. Daar sal spesiale vermaak wees om die kleingoed besig te hou terwyl hul ouers rustig deur die mark dwaal.
Die dekorkenners van Paint & Décor sal daaglikse demonstrasies aanbied om besoekers te wys hoe om ‘n kamer te omskep in ‘n stelling uit toeka se dae. Die demonstrasie van twee uur sal die jongste doen-dit-self-neigings behels, insluitende kenners se raad oor die jongste verftendense, die verftegnieke om daai toentertydse voorkoms te bereik aangebied deur Lemon & Lilac, materiaalmodes en toentertydse sierkranse deur Flower Heart in Durbanville. Die sessies sal daagliks vanaf 11vm wees. Aangesien sitplek beperk is, word bespreking aanbeveel. Die kaartjies kos R250 per persoon en sluit gratis toegang tot die mark en ligte verversings in. Kontak vir Elna of Jani by 021-880-1980 om te bespreek.
Die Simondium Country Lodge is geleë langs die R45 tussen die Paarl en Franschhoek. Die “Vintage Ideas”-mark sal elke dag van die Vrydag tot die Sondag, 26 tot 28 April, oop wees tussen 9:30vm en 4nm. Die kaartjies kos R30 vir volwassenes. Kinders kry gratis toegang. Daar is voldoende parkering en sekuriteit beskikbaar op die perseel.
Vir meer inligting, besoek www.festiveideas.co.za of skakel 021-874-1046.
Einde
URL: https://www.festiveideas.co.za
Twitter:
Facebook:
YouTube:
Author: Ronelda Visser from Peridot Communications. Originally distributed by MyPR.co.za.
No of Images Uploaded: Three
To gain access to Three image/s please Like, Tweet or +1 this article:
[l2g]
The third annual Vintage Ideas market takes place from 26-28 April. Photographer: Supplied

Paint & Decor will present daily demonstrations during the Vintage Ideas market Photographer: Paint & Decor

Vintage enthusiasts can browse through a treasure trove of vintage and vintage inspired items. Photographer: Peridot
Track Your Press Release HERE:
Check Online Visibility
Verify where this release is currently indexed:


Sekoto comes home to South Africa