‘Dit is teen hierdie tyd baie duidelik dat die Wild bedryf in SA teen ‘n baie hoë tempo groei en volgens alle aanduidings nog sal bly groei vir vele jare om te kom.
Dit is om hierdie rede dat Kuda, besluit het om hierdie bedryf te betree as die volgende been van uitbreiding op ‘n reeds baie suksevolle versekerings model in die ren- en sport perde bedryf van Suid Afrika.
Die Noodsaaklikheid van Wild versekering om jou opbrengs te beskerm.
Genoteerde aandele en vaste eiendomme bied histories dubbel syfer opbrengste. Die eksotiese wild bedryf is egter baie vining besig om in te haal op hierdie twee bate klasse se obrengs geskiedenis en selfs beter opbrengste te lewer. Die bedryf presteer teen dubbel syfer opbrengste oor die afgelope 10 jaar.
Die eksotiese wild bedryf is huidiglik baie lewendig met verskeie” Groot” veilings jaarliks en dan nog ‘n magdom “kleiner “ veilings wat die wildboer kan gebruik om van sy aanteel te verkoop.Buiten die veilings is daar ook die tussen verkope wat volgens alle aanduidings nog ‘n veel groter mark verteenwoordig as veilings.
Enige opbrengs is egter slegs ‘n papier wins totdat die belegging in geheel of ten dele te gelde gemaak is.
Daar is verskeie risiko faktore wat die te gelde maak van jou belegging kan beinvloed, maar dit is versekerbare risiko’s.
Dit sou baie onwys wees om vir etlike jare diere met die grootste toewyding te versorg en dan die risiko te neem om hulle sonder “die versekering” te wou hanteer in die verkoop of “beleggings realiserings” fase
Daar is verskeie faktore wat kan bydra tot verliese a.g.v. sterftes, maar vir doeleindes van hierdie gesprek sal ons bly by die faktore wat die versekerings bedryf as versekerbare risiko’s identifiseer.
• In die eertse plek word meeste diere wat verskuif gaan word met ‘n verdowings pyl geskiet. Daar is verskeie aspekte wat hier van belang is nl. Die ondervinding van die helikopter vliëenier, die span op die grond, die veearts teenwoordig, weers omstandighede ens.
Die moontlikheid van iets wat kan skeefloop is altyd daar.
• Die diere moet na vangs vervoer word, of na die koper se plaas, of in baie gevalle na die veilings kraal waar jy jou belegging te gelde wil maak. Weereens is daar verskeie risiko scenarios wat kan opduik.
• In alle gevalle van die hantering van wild is daar by implikasie ‘n meerdere of mindere mate van “stress” betrokke. Baie diere beleef die vangs en vervoer proses as absoluut traumaties en vrek dan as gevolg van hierdie aktiwiteite. Weereens is dit ge-identifiseer as ‘n versekerbare risiko en hoef nie die koper of die verkoper die risiko van totale verlies te loop nie.
Belangrike aspekte van die versekeraar wat jy kies
Dit is ‘n welbekende feit dat sommige spesies beter vaar tydens die vangs, vervoer en moontlike aanhouding in veilings hokke as ander. Dit is derhalwe dan ook belangrik om met ‘n versekeraar te werk wat die onderskeie diere en die risiko verbonde verstaan.
Verder is dit belangrik om met ‘n versekeraar te werk wat verstaan dat elke individu en of groep individue verskillende risiko profiele het. Jou versekeraar moenie almal oor dieselfde kam skeer nie en jou eie risiko profiel behoort weerspieël te word in jou premie.
Dit is egter baie belangrik om te besef dat die verekeraar die risiko teen ‘n premie by jou oorneem. Dit gee derhalwe aan die versekeraar die reg om in sekere gevalle aanbevelings te maak ten opsigte van lede van die span wat die proses van vangs en vervoer moet hanteer, dit moet nie as negatief gesien word nie aangesien die eerste oogmerk van alle rolspelers tog is om die diere ongedeerd by hul nuwe bestemming te lewer.
Kapasiteit
Met die pryse wat diere deesdae op veilings behaal is sekerlik die heel belangrikste egter om met ‘n versekeraar te werk wat die nodige kapasiteit het om jou hoë waarde diere te kan verseker. Voor jy na ‘n veiling gaan en ‘n paar miljoen rand se dier gaan koop maak eers seker of jou versekeraar die nodige onderskrywings vermoë het.
Wat sê die onderskrywers
“Kuda is in die kol met hulle evaluering van hierdie hoogs gespesialiseerde bedryf, aangesien die eksotiese wild industrie nie ligtelik betreë moet word nie. Dit is noodsaaklik dat ‘n versekeraar sy huiswerk deeglik doen voor hy onderneem om hierdie besigheid te onderskryf. Deel van hierdie proses is ‘n deeglike begrip van die omgewing sodat hoë-risiko areas ge-evalueer kan word, asook volkome vertroue in die kundigheid van die onderskrywer. Ons is baie opgewonde om hierdie nuwe en snelgroeiende industrie te betreë, veral omdat dit so ‘n belangrike deel van die Suid Afrikaanse kultuur uitmaak.” sê Sharon Paterson van Infiniti Insurance Limited, die versekeringsmaatskappy wat Kuda onderskryf.
JOU BELEGGING WAS SLEGS GOED OP DIE OOMBLIK WAT JY DIT REALISEER HET- DIT IS ‘N VERSEKERBARE RISIKO.
Author: Laura Hallam from Infiniti Insurance.
No of Images Uploaded: One
More Info link: http://www.infinitiafrica.com/
Twitter: https://twitter.com/InfinitiAfrica
Facebook: https://www.facebook.com/infinitiinsurance

Submit your press release to MyPR.co.za.
Track Your Press Release HERE:
Check Online Visibility
Verify where this release is currently indexed:



Madibaz go down fighting in Varsity Cup semis