Various artists and heritage artefacts Standard Bank Gallery 16 October – 1 December 2012 ‘The Art of Banking: celebrating through collections’ includes an exhibition by the Standard Bank Heritage Centre on the ground floor of the Standard Bank Gallery. This show focuses on the 150-year history of Standard Bank, illustrated through artefacts, photographs and other visuals from the Heritage Centre’s rich archival and artefact collection. This part of the exhibition follows a timeline approach, highlighting the unique history of the bank as the oldest name in banking in South Africa. The exhibition comprises three components. The first covers the period from the late 1850s-1987. More particularly, it deals with the conception of the idea for a “Standard Bank” in Port Elizabeth and its eventual establishment in London in 1862. Other focuses include the bank’s pioneering spirit, its “firsts” and innovations, the development from purely a bank into a financial services organisation, and the disinvestment of the bank’s British parent when it became fully South African owned. The second component explores the period 1988-2012 and portrays the bank as a dynamic organisation that expanded into Africa and other parts of the world in its own right. Other parts of the story here include the Nedcor take-over bid, the journey to self-service banking through technological innovations, internet and cell phone banking in particular, and Standard Bank’s quest to reach the “unbanked”. The third section of the exhibition includes an old banking hall, showcasing a teller’s box from the original Standard Bank counter at the Port Elizabeth branch and other furniture used by the bank over the years. Also featured in this component is a short video, which takes the visitor through the customer experience over the years, from when banking was completely branch-based to the development of self-service banking as we know it today. In addition, there is a focus on the changed look …
On the Money – Die beginsels van beleggings
Die grootste moontlike opbrengs met die kleinste moontlike kapitaalrisiko is dikwels waarna mense mik wanneer hulle ’n finansiële raadgewer oor beleggings raadpleeg, skryf Pieter Willem Moolman. Dit klink dalk na ’n eenvoudige opdrag, maar die kliënt moet deeglik begryp wat hy eintlik vra. Soveel opsies bestaan op dié beleggingsgebied dat dit uiters moeilik is om die lys uit te dun sodat ’n toepaslike belegging voorgestel kan word. Elke kliënt het spesifieke behoeftes en omstandighede wat in ag geneem moet word, waaronder sy of haar ouderdom, beroep, beskikbare geld en tydsduur. Daar bestaan dus nie ’n bloudruk nie; elke kliënt se situasie en behoeftes is uniek en moet sodanig hanteer word. Iemand wat 65 jaar oud is, pensioenfondsgeld het en nou aftree, is byvoorbeeld ’n heel ander soort belegger as iemand van 45 wat geld beskikbaar het en dit in die aandelemark wil belê. Dié verskillende behoeftes dui op van die kernaspekte wat oorweeg moet word. Die tydperk waarvoor die geld belê moet word, moet bepaal word, en wanneer die kapitaal beskikbaar moet wees. Iemand wat aftree, stel waarskynlik meer belang in die hoeveelheid inkomste wat sy kapitaal kan genereer. Daar is baie keer nie genoeg kapitaal beskikbaar om die genomineerde inkomste te lewer nie, met die gevolg dat kapitaal oor tyd verminder. Daar is variasies op dié tema wanneer lewensannuïteite oorweeg word, maar daaroor kan ons op ’n ander dag gesels. Iemand wat “bykomende” geld in aandele belê, sal die beste opbrengs op sy kapitaal verlang, maar behoort te begryp dat die waarde van sy kapitaal aan skommelinge onderworpe sal wees. Daarby moet genoem word dat nie alle beleggings in aandele-portefeuljes noodwendig as riskant bestempel moet word nie. Die belegger moet ten minste ’n basiese begrip van die onderskeie bateklasse hê, asook van die moontlike risiko wat aan elkeen verbonde is, en van die onderlinge wisselwerking tussen hulle. Baie beleggers beskou kontant as ’n …
Track Your Press Release HERE:
On the Money – Sekerheid oor versekering skakel risiko’s uit
Deur elke aspek van korttermynversekering goed te bekyk, kan 'n mens teleurstelling voorkom, skryf die finansiële beplanner Pieter Willem Moolman. 'n Leser vra onlangs per e-pos raad oor korttermynversekering. Hy is 26 jaar oud, aan die begin van sy loopbaan en wil deeglik seker maak hy het voldoende dekking. Dit is byna onmoontlik om in een artikel 'n diepte-oorsig van korttermynversekering te verskaf, maar ek sal 'n paar van die belangrikste aspekte uitlig wat op almal van toepassing is. Baie mense beweeg tussen versekeraars rond in 'n poging om 'n laer premie te betaal. Hulle kan gerus dié waarskuwing ter harte neem: goedkoper premies beteken dikwels nié jy geniet die beste dekking nie. 'n Voornemende kliënt moet eers seker maak die versekeraar het die vermoë om sy of haar eise uit te betaal en kan 'n diens van goeie gehalte lewer, wat spoedige betalings van eise insluit. Nog 'n belangrike aspek is die dekking wat jy ontvang. Versekeraars se polisbewoording is gewoonlik taamlik standaard, maar daar kan beduidende verskille ten opsigte van uitbreidings en bybetalings wees. Jou verhouding met die versekeraar is ook belangrik. Uitbetaling van twyfelagtige of “grys” eise is baie waarskynliker in gevalle waar daar 'n sterk sakeverhouding is. Maak seker jy het 'n diensvlak-ooreenkoms met jou makelaar sodat julle weet wat elke party se pligte en verantwoordelikhede is. Teen die agtergrond van die huidige wette word 'n geskrewe ooreenkoms aanbeveel. In so 'n ooreenkoms kan onder meer die diensvlak-ooreenkoms, vergoeding en kommissie-struktuur asook jaarlikse hersiening uitgestippel word. Dit is vanselfsprekend dat jou makelaar gekwalifiseer én gelisensieer moet wees. Vra gerus sy persoonlike besonderhede en maak seker van sy ervaring op dié gebied. Nog 'n belangrike vraag is of jou makelaar deur genoeg versekeringsmaatskappye geakkrediteer is sodat hy die beste produk vir jou behoeftes kan bekom. 'n Ervare makelaar sal 'n belangrike rol speel om seker te …
Track Your Press Release HERE:
On the Money – Huiseienaarsversekering is ’n aardige sommetjie
Mense is diksels onseker hoe om die vervangingswaarde van hul woning te bepaal, skryf die finansiële beplanner Pieter Willem Moolman. Baie dink dis die bedrag waarvoor die bank dit waardeer, waarvoor dit gekoop is of waarvoor jy dit kan verkoop. Jy sit egter die pot ver mis indien jy hierdie as maatstawwe gebruik. Voordat ons kan verstaan hoeveel huiseienaarsversekering benodig word, moet ons eers verstaan wat jou privaatwoning behels. Dit kan byvoorbeeld die huis self, buitegeboue en vaste toebehore, ornamentele strukture en ontspanningsgeriewe insluit. Hou ook plaveisel en ander bedekte areas van baksteen, beton, teer of klip in gedagte. Dan is daar mure, hekpale, hekke (insluitend masjinerie wat daarmee verband hou), satellietskottels, weerligafleiers, vaste kragopwekkers, boorgatmasjinerie vir huishoudelike gebruik asook septiese tenks. Party dink dis net nodig om huiseienaarsversekering te hê terwyl hul verband nog nie afbetaal is nie. Moet egter nie in daai strik trap nie! Indien jou huis sou afbrand, het jy steeds die dekking nodig om dit te kan herbou. Huiseienaarsversekering beskerm dus jou huis as ’n belegging. Onthou, jy benodig genoeg versekering sodat jou huis teen die huidige boukoste herbou kan word. Die koste van die grond moet natuurlik nie ingesluit word nie. Moet ook nie jou herbouingskoste baseer op die bedrag wat jy vir die huis betaal het nie. Die koste wat jy nóú sal moet aangaan om te herbou, sal heel moontlik van die koopprys verskil of waarvoor jy dit kan verkoop. ’n Vinnige manier om die bedrag te bereken waarvoor jy jou huis moet verseker, is om die totale vierkante meter daarvan met die huidige riglyne vir boukoste te maal. Onthou om die riglyne wat in jóú gebied van toepassing is te gebruik. Dis iets waarmee jou versekeringsmakelaar jou sou kon help. Behalwe vir die grootte en boukoste, kan faktore soos die tipe konstruksie- en messelwerk die eindbedrag beïnvloed. Dink ook aan dinge soos dakkonstruksie …
Track Your Press Release HERE:
On the Money – Vandag is die naasbeste tyd
As ek ’n rand gekry het vir elke keer wat iemand ’n stukkie “eenvoudige” beleggingsadvies kom vra het, sou ek seker nie nodig gehad het om nog self beleggings te doen nie. Eintlik is dit ’n eenvoudige versoek, maar mense verwag gewoonlik dat die antwoord ingewikkeld moet wees. Vooraanstaande kenners het immers al dik boeke oor dié onderwerp geskryf. My eenvoudige antwoord kom gewoonlik daarop neer dat ’n mens vroeg moet begin, tydgebonde mikpunte moet stel en moet diversifiseer. Iemand het eendag ’n wyse man gevra wanneer die beste tyd is om ’n boom te plant. Die antwoord was: “Twintig jaar gelede . . . en die naasbeste tyd is nou.” Dieselfde beginsel geld wanneer ’n mens beleggings doen. Maar voordat jy jou portefeulje begin saamstel, moet jy ’n duidelike onderskeid tussen beleggings en spekulasie tref. Ek hoor dikwels mense sê hulle belê in eiendom, maar eintlik is hulle aan ’t spekuleer – ’n neiging wat die afgelope dekade of wat toegeneem het. Party mense koop en verkoop eiendom in die hoop dat hulle gou-gou ’n stewige wins sal maak, maar na regte hoort eiendom in ’n bepaalde bateklas wat, geskiedkundig beskou, ’n bestendige opbrengs oor ’n lang tydperk verskaf. ’n Ander manier waarop ’n mens in eiendom kan belê, is deur genoteerde eiendomsaandele te koop. Dit is ook langtermynbeleggings, met die voordeel dat jou geld in krisistye geredelik beskikbaar is. ’n Bateklas kan beskryf word as ’n stel verwante beleggings met soortgelyke risiko- en opbrengskenmerke. Kontant (geldmark, bankdeposito’s ens) is een bateklas. Daarteenoor kry jy effekte, aandele en, natuurlik, eiendom. Alle bateklasse het soortgelyke risikovlakke en reageer op dieselfde manier op wisselende marktoestande. Wanneer ons van diversifisering praat, verwys ons na verskillende bateklasse, soos hierbo uitgelê. ’n Ander aspek wat in aanmerking geneem moet word, is likiditeit. Met ander woorde: hoe maklik bekombaar is jou geld? Ek het al gehoor mense sê hulle sal ’n …
Track Your Press Release HERE:
On the Money – Weet jy wat in jou huwelikskontrak staan?
Paartjies wat op trou staan, sien dikwels net maanskyn en rose en is gewoonlik haastig om die voorhuwelikse kontrak af te handel, skryf die finansiële beplanner Pieter Willem Moolman. Nege uit tien jong paartjies trou buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling en besoek gewoonlik kort voor die troue ’n notaris om die dokument te laat optrek. Maar wéét hulle regtig wát hulle teken? Die hoofdoel van ’n voorhuwelikse kontrak is eerstens om aspekte soos die gemeenskap van goedere en wins en verlies uit te sluit. Die moontlike uitsluiting van die aanwassisteem kan ook hierin opgevat word. Indien dit nie spesifiek so aangedui word nie, word dit as ingesluit beskou. Met die aanwassisteem het die gade met die kleiner aanwas gedurende die huwelik (by dood of skei) ’n fisiese eis teen die ander gade vir die helfte van die verskil in groei tussen hul boedels. Dié feit word gewoonlik nie ernstig opgeneem voor die troudag nie en kan paartjies duur te staan kom. Sekere klousules mag glad nie in die voorhuwelikse kontrak verskyn nie en word beskou as contra bonis mores. Dit sluit klousules in waar een gade byvoorbeeld beloof om na die ander se geloof te verander, of wat sê dat die partye mag egbreek pleeg, die man sy maritale mag behou of waar die vrou gedwing word om huisvrou te raak nadat hul eerste kind gebore is. Die punt is dat paartjies moet lees en verstaan wat in die kontrak staan. Dis belangrik om van dag een af te besluit wat spesifiek in die voorhuwelikse kontrak uitgesluit moet word en wat nie, want dit kan potensieel groot finansiële implikasies hê. Indien ’n bate nie spesifiek uitgesluit is nie, of dit val nie onder die lys van bates wat spesifiek uitgesluit is nie, sal dit vir die aanwas-eis in berekening gebring word. Bates wat nie in berekening gebring moet word nie, is skadevergoeding ontvang vir nie-vermoënsskade, erfgelde en donasies tussen gades. Paartjies moet veral daaroor dink om bates soos vaste eiendom en …

